
Skepping
en Evolusie - Onversoenbaar!
Dr.
HD Mouton
Bladsye:
432
Grootte: 1.95 MB
ISBN:
1-91975443-1
Ek het vantevore twee boeke die lig laat sien,
naamlik:
- ‘Evolusie:
die onwetenskaplike leuen’; en
- ‘Evolution:
the unscientific lie’.
Die
Engelse boek was grotendeels 'n vertaling van die Afrikaanse boek,
maar met ’n paar byvoegings en enkele korreksies ten opsigte van
die Afrikaanse weergawe.
Hierdie
boek bevat feitlik al die inligting van bogenoemde boeke, maar
is aansienlik uitgebreid, bevat sketse en foto’s en gee meer spesifieke
verwysings ter wille van makliker naslaan vir die lesers.
Die uitgangspunt was om eerder moeilik betwisbare argumente as spekulatiewe,
moontlik bevraagtekenbare redenasies te gebruik. In hierdie opsig
het ek my grootliks laat lei, soos ook met bogenoemde boeke, deur
die internasionale organisasie AiG (‘Answers in Genesis’, nou ‘Creation
Ministries International’) se oordeel wat juis hierdie baie meer
konserwatiewe en wetenskaplik verantwoordbare beleid ten opsigte
van sy publikasies volg, in vergelyking met sommige ander skeppingsleerorganisasies.
Hiermee ontken ek nie dat my eie waarnemings en vertolkings ook soms
in hierdie boek opgeneem is nie. Dat húlle nie bevraagtekenbaar
is nie kan ek ongelukkig nie waarborg nie.
Die
redes vir hierdie publikasie spesifiek in Afrikaans, is die volgende:
- Heelwat
Afrikaanssprekendes het 'n behoefte daarna uitgespreek omdat
die eerste boekie ‘Evolusie: die onwetenskaplike leuen’ uit druk
was en ek nie 'n herdruk oorweeg het nie. 'n Herdruk is nie oorweeg
nie omdat heelwat nuwe bevindings intussen na vore gekom het
waarmee die saak vir skepping net soveel sterker gestel kan word. ‘n
Aansienlike uitbreiding was vir my eerder die antwoord.
- AiG
in Suid-Afrika het laat blyk dat daar in Suid-Afrika 'n groter
behoefte aan Afrikaanse skeppingsboeke is aangesien goeie oorsese
Engelse boeke reeds hier beskikbaar is.
- Vanweë
die meerderheid Afrikaanse kerke se oppervlakkige hantering van
die betekenis en implikasie van Genesis, en die evolusieleer
wat die afgelope dekade eers in alle erns in Afrikaanse skole
verkondig word, het Afrikaanssprekendes oor die algemeen 'n
baie gebrekkige kennis van skeppingsleer en die noodsaaklikheid
daarvan.
- My
moedertaal is Afrikaans en ek ondersteun die instandhouding en
uitbreiding daarvan ten volle.
- Een
van die hoofdoelwitte van hierdie boek is om die Afrikaanse kerke
wêreldwyd na die waarheid van die Bybel te laat terugkeer.
Hierdie
boek is bedoel vir mense:
- wat
onder die indruk verkeer dat evolusie wetenskaplik bewys is;
of
- wat
van mening is dat daar 'n redelike kans is dat evolusie waar
kan wees; en/of
- wat
vrae het oor die strydige stellings van die Bybel en die bewerings
van sekere velde van die wetenskap; en/of
- wat
dink dat God deur middel van evolusie geskep het; en/of
- wat
al soms gewonder het of daar werklik goeie wetenskaplike waarnemings
bestaan wat op 'n jong aarde en heelal dui, soos wat 'n direkte
lees en verstaan van die Bybel (soos dit geskryf is) verklaar;
en/of
- wat
die sienswyse huldig dat Gen. 1 - 11 slegs simboliese betekenis
het en wat onder andere wonder wat die simboliese betekenis van
die vroeë mense in die geslagsregister se spesifieke hoë
ouderdomme kan wees; en/of
- wat
as leraars opgelei is en dit moeilik vind om sinvol en toepaslik
uit Gen. 1 - 11 te preek; en/of
- wat
in wetenskaplike en historiese kwessies geïnteresseerd is
en dit as 'n groot voorreg beskou om God se hand en genade in
sy wonderbaarlike skepping te sien; en/of
- wat
besef dat skeppings- en oorsprongskwessies 'n natuurlike aanknopingspunt
kan vorm om met wetenskaps- en natuuringestelde mense oor God
en die Evangelie van Jesus Christus te gesels; en/of
- wat
die gevaar van die evolusieleer besef en kennis wil bekom om
dit te weerlê.
Ek
verwys dikwels na die “evolusionistiese model” en “evolusioniste”.
Nou is dit so dat alle evolusioniste ook glo aan miljarde jare
wat al verloop het sedert wat hulle beskou as die begin. Daar is
egter ook mense wat nie evolusie aanvaar nie, maar wel miljarde
jare, en daarom nie in dieselfde groepering as evolusioniste geplaas
wil word nie. Daarom verwys ek ook soms na die “megajaarmodel” en “megakronofiele”.
’n Megajaarmodel is enige model wat aanvaar dat die oorsprong van
alles miljoene of miljarde jare gelede was en megakronofiele kan
beskryf word as liefhebbers van miljoene of miljarde jare.
Die
moeilikheidsgraad in die boek varieer redelik baie. Vanaf hoërskoolvlak
behoort die basiese gegewens egter goed begryp te kan word, alhoewel
sommige tegniese detail dalk meer naslaanwerk sal verg. Opsommings
is agterin van die hoofstukke gegee sodat lesers wat nie in al
die detail belangstel nie, maklik die oorhoofse strekking van die
betrokke hoofstukke kan kry.
Hierdie
boek bevat elektroniese skakels wat aangedui word met onderstreping
sodat lesers maklik na verwysde gedeeltes kan gaan.
Skeppingsleerders
wil nie voorgee dat hulle al die antwoorde op alle vrae ten opsigte
van oorspronge het nie. Daarom beweer ek ook nie dat alles wat
in die boek aangebied word, 100% korrek is nie, alhoewel ek my
uiterste bes gedoen het om sover my kennis strek, geen onwaarhede
weer te gegee het nie. Ek beweer egter wel dat die groter prent
die waarheid is want dis gegrond op wat God in die Bybel geopenbaar
het
Hierdie
boek kan geensins reg laat geskied aan die omvangryke werk wat
skeppingsleerders na my mening op feitlik al die relevante velde
betreffende spesiale skepping versus evolusie gedoen het en steeds
doen nie. Ek hoop egter dat dit die leser se belangstelling sal
prikkel, hom of haar sal sensitiseer en laat waak teen die beginsels
van evolusie wat in feitlik alle ensiklopedieë
en natuurreekse op televisie per geleentheid as wetenskaplike feite
verkondig word (wat dit nie is nie), en bowenal sal lei tot persoonlike
groei van die leser se geloof in God, die Alleenskepper van hemel
en aarde, en sy onfeilbare Woord.
Hennie
Mouton
****
Deur
deeglike navorsing en logiese en uitgebreide uiteensetting laat
sien dr. Mouton hierdie briljante, tydige boek in Afrikaans die
lig. Hiermee bevestig dr. Mouton dat die Woord van God, asook alle
Bybelgegewens, in alle opsigte betroubaar en waar is, en ook dat
dit ware wetenskaplike navorsing ondersteun en selfs bekragtig.
Elke Christen en veral predikant, wat nog onomwonde kan bely dat
God die Skepper van hemel en aarde is (soos dit in die Bybel beskryf
word) behoort dit te lees. Geloof in die drie-enige God van die
Bybel word wreed aangeval deur evolusieleer en dit is vir seker
hoog tyd dat mense, en veral kinders, gewaarsku word teen die gevare
van ’n geloof in evolusie.
Ds.
Emile Rademeyer,
NG Kerk Doornkloof, Centurion
****
Inhoudsopgawe
van die boek:
Voorwoord
1.
Inleiding en toepaslikheid
1.1 Hoekom is die kwessie van skepping teenoor evolusie belangrik,
veral vandag?
1.2 Wat is evolusie, of eintlik, wat behoort dit te wees?
1.3 Is evolusieleerstellinge teenstrydig met die Bybel?
1.4 Het die wetenskap evolusie en miljarde jare bewys?
1.5 Kan die wetenskap eenduidig bepaal hoe die oorsprongsmeganisme
was?
1.6 Is die werklikheid van Genesis belangrik vir die Christelike
geloof?
1.7 Is die werklikheid van die Bybel belangrik vir die Evangelie?
2.
Wetenskap, Natuurlike Seleksie en genetiese inligting
2.1 Operasionele wetenskap en oorsprongswetenskap
2.2 Die genetiese stoor
2.3 Natuurlike en gemanipuleerde seleksie
2.4 Haldane se dilemma
2.5 Nuwe genetiese inligting
3.
Bybelse gegewens
3.1 Inleiding
3.2 Die Genesisvloed
3.3 Geslagsregisters en tydsdure
3.4 Die Skeppingsweek
3.5 Dinosourusse
3.6 Geen dood voor die sondeval
3.7 Voortplanting volgens soort
3.8 Die ontstaan van Genesis
3.9 Opsommende gevolgtrekkings
4.
Die uniekheid van die aarde
4.1 Die aarde se spesiale eienskappe
4.1.1 Regte afstand van die son
4.1.2 Korrekte rotasiespoed van die aarde
4.1.3 Korrekte jaarperiode
4.1.4 Korrekte inklinasiehoek
4.1.5 Korrekte massa en grootte van die aarde
4.1.6 Unieke samestelling van die atmosfeer
4.1.7 Korrekte digtheid van die atmosfeer
4.1.8 Vereiste hoeveelheid osoon
4.1.9 Regte grootte van die maan
4.1.10 Gelyke oppervlak van die aarde
4.1.11 Magnetiese veld van die aarde
4.1.12 Die aarde – ? waterryke planeet
4.1.13 Wonderlike aanvangstoestande en beheer
4.2 Die aarde se spesiale posisie in die heelal
4.2.1 Ons sonnestelsel se posisie
4.2.2 Die Melkwegstelsel se heeltemal unieke posisie
4.3 Gevolgtrekkings
5.
Die wêreldwye vloed
5.1 Sedimentêre gesteentes, fossiele en ravyne
5.2 Vloedverhale
5.3 Kontinentverskuiwings en die Ystydperk
5.4 Bergvorming
6.
Ouderdomme
6.1 Die aarde se ouderdom
6.1.1 Inleiding
6.1.2 Atmosfeer van die aarde
6.1.3 Sout in die see
6.1.4 Magnetiese veld van die aarde
6.1.5 Jong dinosourusse en selakante
6.1.6 Steenkool
6.1.7 Grotte, stalagmiete en stalaktiete
6.1.8 Boomringe en yslagies
6.1.9 Koraalriwwe en kalkformasies
6.1.10 Erosie van kontinente
6.1.11 Niagara-valle
6.1.12 Hoeveelheid mense op aarde
6.1.13 Radiometriese datering en die geologiese kolom
6.1.14 Opsommende gevolgtrekkings
6.2 Die heelal se ouderdom
6.2.1 Inleiding
6.2.2 Die oerknalteorie en sy probleme
6.2.3 Grootte en ouderdom
6.2.4 Skeppingsteorieë
6.2.5 Spiraalsterrestelsels
6.2.6 Komete
6.2.7 Oorblyfsels van supernovas
6.2.8 Sonuitstraling té konstant
6.2.9 Die aarde-maan-afstand
6.2.10 Die ontstaan van die maan
6.2.11 Te veel oorblywende hitte in die maan
6.2.12 Opsommende gevolgtrekkings
7.
Die wonder van tale en volke
7.1 Noag se kleinseuns
7.2 Oosterse nasies
7.3 Tale
7.4 Oudste beskawings
7.5 Egiptiese en Israelse kronologieë
7.6 Oudste godsdienste
7.7 Hoe verskillende “velkleure” met gemeenskaplike voorouers rym
8.
Ikone van biologiese evolusie
8.1 Wat ingeligte bioloë verswyg
8.2 Miller-Urey-eksperiment
8.3 Darwin se boom van die lewe
8.4 Homologie
8.5 Haeckel se embrio’s
8.6 Argeopteriks – die verlore skakel
8.7 Peperkleurmotte
8.8 Darwin se vinke
8.9 Viervlerkvrugtevlieë, antibiotika en insekdoders
8.10 Evolusie van perde
8.11 Van aap tot mens
9.
Paleo-antropologiese verwarring
9.1 Inleiding
9.2 Wetenskaplike bedrog
9.3 Taung, Lucy en Laetoli
9.4 “Baie ou” moderne Homo sapiens
9.5 Die “hominiedestamboom” en evolusiemodelle
9.6 Die Neandertallers
9.7 Vroeë Homo sapiens
9.8 Breingrootte, intelligensie en klassifikasie
9.9 Homo erectus
9.10 Die Genesisvloed en die Ystydperk
9.11 Nie-evolusionistiese verklarings vir morfologie
9.12 Homo habilis
9.13 Australopitheci, Paranthropi en museums
9.14 Fossieltabelle
9.15 Opsommende gevolgtrekkings
10.
Die doel van die evolusieleer
10.1 Aanhalings
10.1.1 Evolusie en die Christelike geloof
10.1.2 Evolusie het ook ’n geloofsbasis
10.1.3 Evolusie is ook op voorveronderstellings gebaseer
10.1.4 Wetenskaplike waarnemings wat evolusie ondersteun is baie
skaars
10.1.5 Evolusie se verlore skakels bly verlore
10.1.6 Evolusie dra nie by tot werklike wetenskap nie
10.2 Doelbewuste onderdrukking
11.
Afsluiting
Verwysings
Die
skrywer
Naskrif
Persoonlike
bedankings
Kopiéreg©
2005 Ontoweb Media and Information Services. Alle regte voorbehou. |